Modulekode | INL 130 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Module-inhoud | Persoonlike inligtingbestuur. Hierdie module fokus op persoonlike inligtingbestuur binne 'n organisatoriese konteks. Dit handel oor die bestuur van inligting wat spesifiek te doen het met die individu en wat hom/haar dus in staat stel om sy/haar werk te verrig. Onderwerpe wat behandel word, sluit die volgende in: die skep van 'n omgewing waarbinne die individu inligting en kennis kan bestuur; die vaardighede wat nodig is om persoonlike inligting- en kennisbestuur te kan doen; inligtingoorlading wat aanleiding gee tot persoonlike inligting- en kennisbestuur sowel as die manier waarop individue kan oorskakel van persoonlike inligtingbestuur na persoonlike kennisbestuur; en persoonlike inligting- en kennisbestuur as 'n beroep. |
Modulekrediete | 12.00 |
Programme | |
Diensmodules | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 3 lesings per week, 1 praktiese sessies per week |
Onderrigtaal | Aparte klasse vir Engels en Afrikaans |
Departement | Inligtingkunde |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App